Friday, September 24, 2010

2. WARE VERHAAL

sê tog die musiek beteken nog iets
as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix?
ek soek al vir jare na die ware verhaal
die ritmes in ons bloed wat ons lewens bepaal
sê tog die musiek beteken nog iets
as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix?
ek soek al vir jare na die ware verhaal
die openbaring in die waarde van my eie moedertaal

so spoeg ek my hartjie uit in netjiese rytjies
rympies wat seer en heel maak soos ‘n chirurg se snytjies
jy kies wat jy lief is voor so tussen die lyntjies
ek lê al lank genoeg in my Matrix-pypies
miskien te ongeduldig om te begin met die basics
maar nou neem ek te veel te vinnig in soos roomys en breinvries
stilletjies bekruip ek hierdie onbekende grond
met my woordeskat en ritme soos ‘n geweer en ‘n waghond
julle almal donner rond in julle veilige kastele
terwyl ek buite in die skadu’s in die strate van jul stede
die verlede en die toekoms in die straatligte soek
ek luister na die fluister van geheime in elke hoek
dit is nie so donker as wat dit van ver af lyk nie
daar is harte wat verstaan as jy nie woorde gebruik nie
die leemte roep nou hard, en ek kan sweer die tyd is hier
ek is ‘n kind van die warrelwind se middelpunt van vuur

sê tog die musiek beteken nog iets
as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix?
ek soek al vir jare na die ware verhaal
die ritmes in ons bloed wat ons lewens bepaal
sê tog die musiek beteken nog iets
as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix?
ek soek al vir jare na die ware verhaal
die openbaring in die waarde van my eie moedertaal

die redes hoekom ons saamdrom lê in lyne van persepsie
maar die voorstel van skoonspel is nog altyd buite die kwessie
die bloed en die trane op ons sitkamerstelle
pas mos mooi met die muurverf so onder die sterre
flippit, ek’s moeg van gebrek en gevlek en die stilte
soos wapens wat sorg dat ons instort van binne
en skud in die koue van versmoorde drome
in ons kinders wat ons namaak is die donkerte volkome
o ja, ons kan raas, met woorde vol rooiwyn
maar kyk hoe verdwyn ons harte agter daai toertjiegordyn
soos ‘n kinderpartytjie wat wit hasies laat verskyn
behalwe dis grootmense wat nog lekker speel hier agter in die tuin
gooi maar nog ‘n glasie dat ons almal kan vergeet
van die sweet en die grond en hoe ons ons eie stront eet
of weet ons van beter? kan iemand nog onthou
waar die terugveg begin en die apatie ophou?

3. ALMANAK

tel’it op julle vingers, kinders,
vinnig, vinnig, binne sulke
tydlynseine verdwyn sekondes
maande, planne, lande, lewens

ek’s weer spyt, maar dis verby, uitgevee soos bordkryt
ek probeer tel agteruit, maar ek’s altyd ‘n paar vingers kwyt
elke oomblik is besig om die verlede te word
net soos alles netjies is moet ek dit weer begin uitsort
hoe ouer ek word hoe vinniger vlieg die jaartjies, ai
dit het seker maar te doen met die verkleinende persentasie
van elke dag in verhouding met die res van my lewe
as ek te lank daaroor dink begin die vloerplanke bewe
ek koop die tyd uit, omdat die dae boos is
gee elke sent wat ek gespaar het vir ‘n weermag van horlosies

nou kan ek nie meer slaap nie, ek probeer die tyd verdryf
maar ek is magteloos in ‘n siklus, want net tyd kan dit uitwys
daar is ‘n tyd van kom en ‘n tyd van gaan
party dae verstaan ek dit, maar meeste dae is ek verslaan
staan maar weer op want ek leef op geleende tyd
plus wie nie pas op sy tyd is sy maaltyd kwyt
en voor ek my oë behoorlik kan vryf is die eerste vers verby

tel’it op julle vingers, kinders,
vinnig, vinnig, vinnig, vinnig

ek steel minute van die toekoms, steek hulle veilig in my sak
ek oorweeg nog ‘n ooreenkoms met die swart kruisies op my almanak
‘n plakboek van môre en elke bladsy is volgeplak
ek is tydloos en tydsaam, ‘n silwerskoon almanak
ek steel minute van die toekoms, steek hulle veilig in my sak
ek oorweeg nog ‘n ooreenkoms met die swart kruisies op my almanak
‘n plakboek van more en elke bladsy is volgeplak
ek is tydloos en tydelik, ‘n silwerskoon almanak

party sê tyd is fiksie, party sê dit is nie
maar ons is almal in ‘n manier vasgebind aan ‘n 24-uurgesiggie
trek jou eie kruisies en wees eerlik oor jou bangwees
die lang vrees van die laaste een is lankal in jou skaduwee
ek tel sekondes in die wonde van my tong se vuur
vrot van vergifnis in die stilte van my laaste uur
leef drie keer gelyktydig, en net een is op die aarde
my tweede vlees is deur my God in ‘n graf begrawe
my derde gees is lewendig alleenlik in die hemele
ek’s al drie in alle tye, altyd besig met die ewige
my tydlyn is ‘n kolletjie wat in tien dimensies uitstrek
my almanak word juis bepaal deur hoe ek die somme uitwerk
miskien praat ek nou in raaisels, miskien nie, hoe sou ek weet?
ek voel altyd ek moet gou maak voor ek alles al weer vergeet
ek leef al soveel jare soos die letters in ons alfabet
en as die boodskap van my lewe net uit een sin bestaan het:

koop die tyd uit, omdat die dae boos is

4. SOLIDARITEIT

speel hierdie snit aan die begin van elke jaar
as jy rede het vir trane dan verstaan ons mos mekaar
as jou konstante dieët bestaan uit sweet eet
dan kan jy konkreet weet ons skree saam soos ‘n kreet
ek ontleed maar net die eensaamheid van menswees alweer
met my een oog op die dinamiek van nog-‘n-keer probeer
en ek kon sweer ek het jou iewers in die donker al gesien
met jou mond oop soos ‘n tikmasjien, jou bloed vol nikotien
miskien herken jy my ook? sien my met jou toe oë
indien jy ook nie kan glo, verdien ons tog die antwoord
ek’s jammer julle maar daar kan net een antwoord wees
en ek belowe jou hy lê nie in daai onheilige gees nie
skree want ons wil stilte hê, tussen al die bottels lê
woorde wat jy nooit kon sê, skielik vind jy weer jou stem
sing net bietjie harder as die siele reg langs jou
in die refrein verskyn die sleutel wat ons saamstaan behou

jy is nie alleen nie
die aarde draai teen dieselfde spoed vir ons almal
hou maar net vas, een somer op ‘n slag

my ritme is stukkend, dis die einde van die jaar
ek dink oor al my vriende wat op die aardbol baljaar
die ding hou maar net aan draai met of sonder my lawaai
selfs al kon ek ophou lag vir Parow se gedagtes oor slaai
jy kan sommer raai ek sit by Lollipop en kyk Kerkstraat se verkeer
dit wil voorkom dis wat elke Desember met my gebeur
waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond
die tsotsi’s en polisie en ek op dieselfde grond
en seën en vervloeking kom uit dieselfde mond
en ek worstel met my land op die rand van die afgrond
ek is uitgeput deur afgesaagde uitdrukkings
reënboë en 3Talk en facebook-uitnodigings
maar ek is lief vir my stad en sy miljoene gesigte
plus dis amper weer tyd om nuwejaarsvoornemings te
maak met ‘n hart vol oorbeginnershoop
en ‘n nuwe waardeering vir die mense wat nog saam met my loop

jy is nie alleen nie
die aarde draai teen dieselfde spoed vir ons almal
hou maar net vas, een somer op ‘n slag

5. DIE WAARSKUWING

na die tyd was daar mense wat gesê het dat hulle dit verwag het
hulle was nog kwaad en bitter oor al die mense wat vir hulle gelag het…

maar selfs ‘n doemprofeet kon hierdie skade nie voorspel nie
die hele aarde aan die brand soos ‘n voorsmaak van hel, die
vuur was onblusbaar, kontinente uitgewis
en mens moes mettertyd mooi soek vir tekens van die oorlewendes
asemhaal was onmoontlik tussen die vlamme van vertering
elke woud was vernietig, elke stad verwoes vir ewig
hele spesies het verdwyn in die eerste paar minute
die greep van die vuur het orals uitgesprei soos ‘n siekte
in die verte was ‘n berg met sy skouers in die wolke
en mensdom se oorblyfsels mik toe daarvoor in die donker
tussen die hittegolwe en die vlaktes van verwoesting
drom hulle toe saam soos miertjies uit elke rigting
en vind verligting teen die kranse en die skadu’s van die laaste berg
en vir die eerste keer besef hulle wat oorlewing hulle gaan verg
en hulle klim toe al hoe hoër om skoner suurstof te vind
uiteindelik op die bergpiek gewaar hulle ‘n vreemde Adamskind
wat alleen in die wind staan en oor die brandende aarde gluur
hy dra ‘n lang donker jas en in sy oë weerkaats die vuur
“hy’s een van daai vreemdes!” roep ‘n stem uit die skare
en met agterdogtige gedagtes begin hulle om hom vergader
“wat weet jy van die vuur?” begin hulle soos een stem fluister
“wat maak jou soort hier? ons dink dis tyd dat jy vir ons luister…
jy was nog nooit regtig welkom nie, jy en jou vreemdelingmense
ons vermoed nog altyd julle’t vir ons net die donkerste wense”
en waarlik, net soos die lus vir wraak ondraagbaar raak
sien hulle die bewys wat van alles net ‘n warrelwind maak:
in sy regterhand hou die vreemdeling ‘n vuurhoutjie wat nog rook!
en in ‘n woedende massa skreeu hulle saam soos ‘n doodskoor:

ons het probeer om jou te waarsku

die sirkel word al stywer soos die massa saamdrom
en hulle dors vir bloed raak net dieper hoe nader hulle aan hom kom
maar skielik maak die vreemde man sy mond oop en begin praat
en soos die oog van ‘n storm is dit asof alles net stil raak
en die woorde van sy storie weergalm die verte in
en die kalmte in sy stem vertel van lig en oorbegin
hy vertel hoe hy en sy mense nog altyd geweet het van die vuur
en hoe hulle vir jare probeer het om ons te help en om ons te waarsku
hy vertel van klein dorpies waar hulle hom in die modder gesleep het
en in die kroeë van die stede waar hulle hom met bierbottels gebreek het
en hoe niemand wou luister nie, en hy in die nagte net kon huil
en hoe hy vir een meisie in ‘n eetplek gesê het hy sou plekke met haar ruil
en sy’t hom aangeval voor almal en met haar vurk hom oopgesteek
en in haar oë het hy skielik verstaan hy sou ‘n ander plan moes kweek
hy en sy mense het toe vergader en na hierdie selfde berg kom kyk
dit het vir hulle begin om soos die enigste oplossing te lyk
en ons almal wat nou hier staan is die vrugte van daai plan
hulle’t ‘n kring van vuur begin met die vuurhoutjie in sy hand
en op die manier die vuur geblus in ‘n sirkel wat kon terugveg
‘n kring van vuur wat soos ‘n muur staan met sy arms om die berg
en net soos ons besef wat die vreemdes vir ons gegee het
sien ons skaduwees in die wolke waarmee die berg hom beklee het
en die vreemdeling begin self om in die lug op te dryf
en soos hy styg hoor ons stemme wat ons troos en ook dreig
en hulle sing nou ‘n lied wat ons herken in ‘n oomblik
en ons harte begin skud soos die woorde ons oopruk

ons het probeer om jou te waarsku

6. A TALE OF THREE CITIES (met Tumi Molekane 011 en Jack Parow 021)

Jaco se verse: (012)


ek skryf hierdie rympie in Oktober terwyl my geboortestad pers is
vir elke boemmie op Kerkplein wat veilig onder sy kombers is
vir almal wat sonder werk is van Danville tot Waterkloof
tot Arkadia en almal wat goed weet van gewapende roof
ek skryf vir die mense wat piekniek hou by die Voortrekkermonument
en die karre op Voortrekkerstraat wat dice op vyftig sent
en vir Polly’s met sy king-size snoekertafelsessies
en vir die hippies en die cool kids elke naweek by Tings
ek skryf vir die Noorde se Cool Runnings en die Wonderboom
en ek skryf vir die ou Nile waar ons bands kon drome droom
vir ‘n godsdiens van blou bloed en die Bulle op Loftus
vir die Telkomtoring en vir Zeplins waar die Goths is
ek skryf vir Lollipop Roadhouse aan die oostekant van Kerkstraat
vir die Staatsteater en vir Sunnyside as dit donker raak
vir Esselenstraat in die tyd toe Stix nog bestaan het
vir dronk tieners in Burnett en prostitute in Beckett
ek skryf nou vir Players en vir Vaic se “9-ball skills”
en ek skryf vir TUKS FM waar Stav nog steeds eclectic is
vir UNISA en Fountains en die parkeerterrein van Menlyn
en vir almal wat hyg na asem in die verkeer op die N1
ek skryf vir die PTA News en vir die uitsig van die Uniegeboue
en vir Crossroads Coffeeshop waar mense inkom van die koue
vir die botaniese tuine en die Breytenbach-teater
ek skryf vir die dieretuin se golfkarretjies en Magnolia Dal se water
en ek skryf ook vir Boys High en Pro Arte Alphen Park
bittereinder moes ook skool toe gaan, ai, daai dae van lag en smart
soos ‘n hoëveldweerligstorm is hierdie stad in my ingebrand
Kerkorrel se Snor City, Pretoria in my hart






Tumi's verse: (011)



City of Lights where life’s miniaturized
where the truths sit in disguise So what you willing to eye? Fit in or die
The chill up the spine you feel the silly headlines reveal
The thrill of denial is ill it’s unreal, belief comes in appeal
The place of gold, the end of road for broken souls
The green-light-GO for street-smart folks before they go hard
The people that claim, the weak that remain, speaking the same lingo
But still though, they are at odds trying to even the plains
The big cribs, the small shacks, the street-kids, the mall-rats
The schemes that fall flat, the dreams for more cash, we living that
White phobia the big fences, the black moguls with the big Benz’s
The currency that cleansed this, subtle racism mixed-couples
Race-killings, big scuffles hate lives between that “us and they” shit
New York of Africa, you saw the traveler, suit on for hustling
Big apples hawker to the corner customers that’s
That hustle that bustle that troublesome jungle
We juggle love, happiness, struggle, the city’s a puzzle
We take from the pieces that crumble and build something from it
Take shifts and doubles and make cribs from the rubble
For the rich it’s bubbles, champagne and sparkle off the back of slave muscle
Them grave tunnels that still claim thousands
The soccer, the cricket, the beautiful nights
That offer a reason for you to unite, the City of Lights


Jack se verse: (021)


Check, dis die wyn op die voorstoep, dis my ma wat my inroep
Dis die parties tot laat, dis die aande van oorvloed
Dis die Nag van die Messe, dis Lance Klusener se sesse
Burger Fair is die beste, dis die brannewyn en sigarette
Dis Green Market Square, dis die gat waar ek lê
Dis die stad wat my wil hê, dis Sondagoggend ek’s pê
Dis morning star se shebeen, dis fresh en dis clean
Dis fun maar dis mean, dis die clubs, dis die scene
Dis Shack, dis Assembly, dis deel van my memory
Dis trance parties en hippie-crack en die cool kinders by Wembley
Dis my tas wat ek pak, dis van Hings se twak
Dis my lot, dis my luck, dis ‘n stuk van my hart
Dis Kanonkop se pad, dis my skoolhoof se lat
Ek’s wit maar ek’s swart, dis puzzles bou op die mat
Dis die milkshakes by U Burgers en my tannie se kombi
Dis die leë bottels en die asbakkies vol blêrrie stompies
Dis Frannie en Wynand se Venture, dis Nekkies se tente
Dis rondkrap vir sente, dis my pa se ou Venter
Dis beach-parties by Onrus, dis fun as jy jonk is
Dis beter as jy dronk is, dis heeldag net rondsit
Dis Longstraat se bars, dis laat aande wat my scar
Dis Coke en Jack Tar, ek’s verby en ek’s gaar
Dis Stellenbosch op ‘n Woensdag, dis die mis wat ons toepak
Dis die backdoor wat toeklap, dis my hand in my broeksak
Dis die huis in Kloofstraat langs Kloofnek Superette
Dis die pienk huis vol vriende wat my grootgemaak het
Dis die Nico Malan, dis ‘n stem in die gang
Dis om na my pa te verlang, ek’s braaf maar ek’s bang
Dis die plek wat my bou en my maak, my nooit sal verlaat
My bloed en sweet op die straat, dis die goeie ou Kaap

7. WAKKERWORD (met Inge Beckmann)

somtyds is opstaan soos klippe kou
ek wil alles net binne hou, en stilletjies droom van jou
maar die wêreld verwag my, ek reageer altyd stiptelik
handskud en dadelik my gesigsuitdrukking verduidelik
heeltemal te huiwerig, maar spontaan soos ‘n bosbrand
bietjie aan die los kant, ek vind niks meer interessant nie
Afrikaners is plesierig, ek glo dit my lewe lank
‘n bloedlyn van stywe drank, klim hoër in die boontjierank…
sprokies wat skielik jou lewe is
jou hande is bewerig soos jy wieg in die ewewig
sing in die skemerlig en skree uit soos vonke
belig die spelonke met longe vol donker
vlermuisdrukkies en knipmesslukkies
oorleef tot die son jou weer opwarm in stukkies
leen my jou ore, en neem elke woord in
as jy die waarheid klaar ken, wil ek hoor hoe jy saam sing:

hierdie liedjie sal jou alles laat ver-
geet en dan word jy weer helder wakker
bitter in jou mond maak jou hart gesond
maak oop, word wakker

trapsuutjies, my omgewing omhels my
dis ‘n helse swerwery maar ek moet op die pols bly
iets wat soos lewe voel, ek jag inspirasie
se walmpies en oop spasies soos Popeye en spinasie
die roetinemasjiene wil my insluk en aflewer
maar ek spartel en skop soos ‘n spinnekop in hulle kele
ek wonder hoe gebeur dit dat hulle my selfoonnommer ken
en ek wonder of hulle weet dat ek klaar weet wie gaan wen
sewentig maal sewe, ek is bitter goed met vergewe
ek bliksem alles met liefde want ek gaan net een keer lewe
‘n teenoorgestelde gees rus in my kneukels se wit
dis die heiligste lig wat die kuns van oorlog daar sit
ek stap sing-sing die skaduwees in
oorlewing lyk belowend, ek asem in
en soos ‘n helder herinnering fluit hierdie deuntjie in my oor
om enigiets te hê moet jy alles verloor...sing die koor!

hierdie liedjie sal jou alles laat ver-
geet en dan word jy weer helder wakker
bitter in jou mond maak jou hart gesond
maak oop, word wakker

8. VOLEINDER (met Sev Statik)

ek het nie woorde nie, maar ek moet praat: my situasie is ingewikkeld
so kerf ek maar ‘n fyn lyn tussen vrye vloei en altyd sukkel
hart van ‘n digter met die mond van ‘n stomme man
en die sinne wat wel sin maak is gewoonlik heeltemal onbeplan
en ek voel hoe eet dit my op, soos ‘n drommer in ‘n rolstoel
my ligamente wil dit uitskop, maar ek kan die beats net in my kop voel
stoksielalleen in donker wolke propvol donderstorms
onder in die bodem van ‘n oseaan van ongevormde
woorde, niks help nie, my stembande is uitgeskree
my rympies almal uitgevee, ek leer daai les ‘n duisend keer:
ek’s niks nie, maar dis reg so, hoe vergeet ek dit die heeltyd?
ek’s nie die middel van die planeet nie, miskien lê ek te veel suid
ek kyk New York toe, hoor ‘n stem oor die water kom
dis ‘n stem wat God ken, ‘n suiwer stem wat duidelik praat oor Hom
en ek onthou in ‘n oomblik aan wie die woorde regtig behoort
die Begin en die Voleinder van elke noot, elke woord

vra die Begin
oor die Einde
in die stilte
sien jy

vra die Einde
oor die Begin
in die stilte
sien jy


Sev Statik se verse:

we took darkness out the mind when at first we declined
we thought we had the answers for the birth to search out light
and fight every day, went astray, never knew inch by inch we die away
far from the Lord’s voice, you can find me there
always looking over my shoulder, no choice to spare
drowning in my own colourful lies, cover my eyes, feeling alone
desperate times call for cries, broken wings in a perfect world
seeing a way of life, doing it right, we rolling dice
in the second’s time we taking chances, big moves
a sucker for love, we going through some issues
so you can find me, a broken vessel of God
forgiven for every transgression I ever set apart
it’s a testimony for all ugly inside
a beautiful grace with nothing to hide