Friday, September 24, 2010

12. DIE OOREENKOMS

die belangrike ding is om
nie te veel weg te gee nie,
as jy stil is neem hulle aan
jy verstaan.

speel die kaarte in jou hand
elke besluit is joune
die dreigemente
is toe leeg.

in die verte wag die storm
die waarheid en pyn, dis joune
daar is niks om oor bang te wees
nie.

in lig van die skynaanval
stel ons die volgende voor:
dit is tyd vir ‘n ooreenkoms.


selfs al kon ek diep genoeg grou om te onthou hoe dit begin het
in die diepgevoude woorde op die rante van ‘n servet
dis perfek, ek weet nou in die kalmte van my terugkyk
sou niks kon verander nie, selfs met volle beheer van tyd
staan in solidariteit met die stemme van 5 stede
belewe die volle einde en val slegte mense in die rede
word wakker met ‘n worsteling in die waarskuwings van my pen se taal
terwyl my trots stadig vrot in die sand van die ware verhaal

No comments:

Post a Comment