Friday, September 24, 2010

6. A TALE OF THREE CITIES (met Tumi Molekane 011 en Jack Parow 021)

Jaco se verse: (012)


ek skryf hierdie rympie in Oktober terwyl my geboortestad pers is
vir elke boemmie op Kerkplein wat veilig onder sy kombers is
vir almal wat sonder werk is van Danville tot Waterkloof
tot Arkadia en almal wat goed weet van gewapende roof
ek skryf vir die mense wat piekniek hou by die Voortrekkermonument
en die karre op Voortrekkerstraat wat dice op vyftig sent
en vir Polly’s met sy king-size snoekertafelsessies
en vir die hippies en die cool kids elke naweek by Tings
ek skryf vir die Noorde se Cool Runnings en die Wonderboom
en ek skryf vir die ou Nile waar ons bands kon drome droom
vir ‘n godsdiens van blou bloed en die Bulle op Loftus
vir die Telkomtoring en vir Zeplins waar die Goths is
ek skryf vir Lollipop Roadhouse aan die oostekant van Kerkstraat
vir die Staatsteater en vir Sunnyside as dit donker raak
vir Esselenstraat in die tyd toe Stix nog bestaan het
vir dronk tieners in Burnett en prostitute in Beckett
ek skryf nou vir Players en vir Vaic se “9-ball skills”
en ek skryf vir TUKS FM waar Stav nog steeds eclectic is
vir UNISA en Fountains en die parkeerterrein van Menlyn
en vir almal wat hyg na asem in die verkeer op die N1
ek skryf vir die PTA News en vir die uitsig van die Uniegeboue
en vir Crossroads Coffeeshop waar mense inkom van die koue
vir die botaniese tuine en die Breytenbach-teater
ek skryf vir die dieretuin se golfkarretjies en Magnolia Dal se water
en ek skryf ook vir Boys High en Pro Arte Alphen Park
bittereinder moes ook skool toe gaan, ai, daai dae van lag en smart
soos ‘n hoëveldweerligstorm is hierdie stad in my ingebrand
Kerkorrel se Snor City, Pretoria in my hart






Tumi's verse: (011)



City of Lights where life’s miniaturized
where the truths sit in disguise So what you willing to eye? Fit in or die
The chill up the spine you feel the silly headlines reveal
The thrill of denial is ill it’s unreal, belief comes in appeal
The place of gold, the end of road for broken souls
The green-light-GO for street-smart folks before they go hard
The people that claim, the weak that remain, speaking the same lingo
But still though, they are at odds trying to even the plains
The big cribs, the small shacks, the street-kids, the mall-rats
The schemes that fall flat, the dreams for more cash, we living that
White phobia the big fences, the black moguls with the big Benz’s
The currency that cleansed this, subtle racism mixed-couples
Race-killings, big scuffles hate lives between that “us and they” shit
New York of Africa, you saw the traveler, suit on for hustling
Big apples hawker to the corner customers that’s
That hustle that bustle that troublesome jungle
We juggle love, happiness, struggle, the city’s a puzzle
We take from the pieces that crumble and build something from it
Take shifts and doubles and make cribs from the rubble
For the rich it’s bubbles, champagne and sparkle off the back of slave muscle
Them grave tunnels that still claim thousands
The soccer, the cricket, the beautiful nights
That offer a reason for you to unite, the City of Lights


Jack se verse: (021)


Check, dis die wyn op die voorstoep, dis my ma wat my inroep
Dis die parties tot laat, dis die aande van oorvloed
Dis die Nag van die Messe, dis Lance Klusener se sesse
Burger Fair is die beste, dis die brannewyn en sigarette
Dis Green Market Square, dis die gat waar ek lê
Dis die stad wat my wil hê, dis Sondagoggend ek’s pê
Dis morning star se shebeen, dis fresh en dis clean
Dis fun maar dis mean, dis die clubs, dis die scene
Dis Shack, dis Assembly, dis deel van my memory
Dis trance parties en hippie-crack en die cool kinders by Wembley
Dis my tas wat ek pak, dis van Hings se twak
Dis my lot, dis my luck, dis ‘n stuk van my hart
Dis Kanonkop se pad, dis my skoolhoof se lat
Ek’s wit maar ek’s swart, dis puzzles bou op die mat
Dis die milkshakes by U Burgers en my tannie se kombi
Dis die leë bottels en die asbakkies vol blêrrie stompies
Dis Frannie en Wynand se Venture, dis Nekkies se tente
Dis rondkrap vir sente, dis my pa se ou Venter
Dis beach-parties by Onrus, dis fun as jy jonk is
Dis beter as jy dronk is, dis heeldag net rondsit
Dis Longstraat se bars, dis laat aande wat my scar
Dis Coke en Jack Tar, ek’s verby en ek’s gaar
Dis Stellenbosch op ‘n Woensdag, dis die mis wat ons toepak
Dis die backdoor wat toeklap, dis my hand in my broeksak
Dis die huis in Kloofstraat langs Kloofnek Superette
Dis die pienk huis vol vriende wat my grootgemaak het
Dis die Nico Malan, dis ‘n stem in die gang
Dis om na my pa te verlang, ek’s braaf maar ek’s bang
Dis die plek wat my bou en my maak, my nooit sal verlaat
My bloed en sweet op die straat, dis die goeie ou Kaap

No comments:

Post a Comment